FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Sielsverf & Liefdesvlam

    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Sielsverf & Liefdesvlam Empty Sielsverf & Liefdesvlam

    Post by S.J. du Plessis Sun 29 Jan 2012, 6:15 am

    Ek verf 'n lagie troosverf
    om my brose siel
    'n lagie lig beskerming
    met elke seerkry slag
    Kosyne van die lewe
    met deure toegeslaan
    Naïf het ek gestrewe
    om rede te verstaan

    Woorde wat so seermaak
    spottend oë wat lag
    nog 'n lagie troosverf
    met elke seerkry slag
    Soos gifdeurdrenkde pyle
    spyker deur my hart
    word ek vasgegrendel
    teen die deur van smart

    en verf nog 'n lagie
    met elke skewe kyk
    met elke harts-ontnugtering
    en waarheid wat beswyk
    tot my grein onsigbaar
    versmoor deur die verf
    verdwyn agter lae
    van seerkry en nerf

    Maar in my hartsverstrengeling
    kom U liefdesvlam,
    stroop verdiksels van my siel
    tot ek nie meer kan
    stry teen U genade
    U liefdesvlam oor my
    herwin al die greine
    maak my siel weer vry

    U verfyn die grofheid
    satynverwerkte hart
    U verglans die dofheid
    verwyder die smart
    tot my siel weer lewe
    en na die mooie strewe
    en my hart vernuwe
    weer nuttig doel kan dien.

    S.J. du Plessis © Augustus 2011 (Verwerk Febr. 2012)

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 2:54 am