FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    spritbraai: klein golgota

    avatar
    Ellen Margaret Hancke


    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-21
    Age | Ouderdom : 70

    spritbraai: klein golgota  Empty spritbraai: klein golgota

    Post by Ellen Margaret Hancke Sun 29 Jan 2012, 12:03 am

    “kom laat ons fees
    haar kameelrug het
    geknak
    vanaand by die strandpaleis
    skuins na
    dagtekening se sak

    bring net jouself
    die vleis is
    op die huis
    vryheid gaan musieke
    maak
    daars karmenaadjies
    vir elke ou se
    smaak”

    die brandstapel is gepak
    wyl Bachus
    oes vrylik vloei
    die gemeste kalf is
    lankal reeds
    betyds
    leeggebloei

    oopgevlek
    oor hete kool
    wyl maaiers uit
    hartkamers vlug
    vreet vlesige vingers
    hompe uit
    gegeselde ooi se rug

    “kyk so ‘n sappige
    groen perel-oog
    te veel gesien
    alles dus verdien”
    bulderlag bakker
    wyl skinker in silwer
    bokaal nog n
    rondte bedien

    goed gelardeer
    met leuenmes oopgekerf
    lank gemarineer
    teen voortydige bederf

    "nou wel nie
    ‘n tweetandskaap
    of murgsawwe-lam
    maar ‘n man moet mos eet
    so dikwels as hy kan

    dankie vir u seening
    van spys en drank o Heer
    en lank voorsiene vleis
    eens deur myself so
    brandend diep begeer”

    en wyl brommers
    en bottels
    teen oggendgloor
    grafsteen oor
    feestelike spoor

    kom sag uit die see
    ‘n meerminstem
    uit witgeruiterde
    branders
    waar dolfyn
    en haai
    in siersirkels draai
    lamentend oor gisternag
    se laaste braai
    ‘n klaaggebed:

    “vader vergewe hom ...
    sy hoonbeloftes
    verseël in judassoen
    al het hy al die jare
    presies geweet wat
    hy aan elkeen
    van ons doen”


    (EMH 2011)
    (CR)

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 1:57 pm