FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    futilliteit

    avatar
    Ellen Margaret Hancke


    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-21
    Age | Ouderdom : 70

    futilliteit Empty futilliteit

    Post by Ellen Margaret Hancke Sat 28 Jan 2012, 11:59 pm

    vadergod het
    my, glo vir jou

    met die hand selwers uitgekies

    as agape-offerlam, verdwaald

    afgespoor tussen naeltjie en lies

    op die maat van verlokkende lier

    en die klaag-roep van Dawidpsalm

    het jy my rede met klank van

    triomfantelike oorwinnaars-sjofar

    tot in doofheid en stomte vergalm

    soos n willose star-oog ooi

    met jou toorstaf afgevorteks

    in die laberint van brute verleiding

    het ek soos Daniel na die leeu gekyk

    met n God-sal-my-red verblyding
    jou naakte onheilspellende

    groeiende ontvanklikheid
    gesien, toe met verbystering

    hopend bly staar en staar

    in afwagting op die gru-teistering


    kopklemme oor die (on) moontlikheid

    van bok wat met skaap gaan wil paar

    nie eens die kilheid van die koue klip

    van die voorbereide offer-altaar

    kon die duiselingwekkende hoog

    in my kop tot kalme denke laat bedaar


    ek wil roep, gil, skree

    "Noag stuur asseblief

    n andersoortige witte duif
    wat my opolyftak-vlerke na

    veiliger terroir kon verskuif!"

    nie eens gedagtes
    aan elke vrome engel

    dissipel, priester of profeet

    wou my WIL laat werk
    ek hoor ver weg die bengel
    van klepels wat galm
    "Vader Jakob"
    vanuit die ruine van
    die ineengestorte kerk

    ek spartel futiel-angstig
    en spoeg woordkartetse
    toe ek die swoelheid merk
    (my EK veg magteloos, kwaad)
    oor my liggaam se glib-blinke
    verdoemende slakspoor-verraad

    en iewers daar doer ver
    hoor ek Isak se instaanbok-bler
    maar anders
    as met hom....
    het daar
    vir mygeen
    verlossingslam gekom....

    (EMH)~2011

    Kopiereg voorbehou
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    futilliteit Empty Re: futilliteit

    Post by Torm Sun 05 Feb 2012, 5:37 pm

    Goeie werk, het gestem.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    futilliteit Empty Re: futilliteit

    Post by Rudi Coetzer Tue 07 Feb 2012, 4:15 pm

    hou van jou storie..en die uitbeelding daarvan..
    jou struktuur pla egter..dink jy kan dit dalk fine tune.....
    maar n grootstse werk in geheel....
    avatar
    henno


    Posts | Bydraes : 1
    Points | Punte : 1
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-18
    Age | Ouderdom : 30

    futilliteit Empty Re: futilliteit

    Post by henno Thu 23 Feb 2012, 11:39 am

    Hierdie roerende gedig is nou die voorloper in die kompetisie. This is the poem to watch! Meer as 40 aanhangers het Dinsdagnag die moeite gedoen om vir hom te kom stem. cheers
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    futilliteit Empty Re: futilliteit

    Post by Rudi Coetzer Thu 23 Feb 2012, 12:09 pm

    wonder hoe jy dit weet?dat 40 mense in een nag gestem het?anyway....

    Sponsored content


    futilliteit Empty Re: futilliteit

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 20 Apr 2024, 1:08 am