FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    JERIGO

    Lizelle
    Lizelle "Zany Zella"


    Location | Ligging : Scottburgh/ Umtentweni KZN
    Posts | Bydraes : 11
    Points | Punte : 29
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 62

    JERIGO Empty JERIGO

    Post by Lizelle "Zany Zella" Sat 15 Oct 2011, 11:23 pm

    JERIGO

    tussen hier en later
    kruip my drome skaam
    gebukkend hunkerend
    om stilletjies te verken
    ‘n Leërmag van onsekerheid
    gepanser teen gister se verraad
    klouter op teen my sterk Jerigo-mure
    om die vrees van lief wees
    agter klipmure te verskans

    is dit werklik moontlik
    dat ek ook saggies ongemerk
    spore en ‘n rooi merker-merk
    in jou seer hart kon bewerk?
    kan ek jou troepe innooi
    jou in my vesting-stad toelaat
    is daar werklik hoop
    om my flenter vertroue
    met liefdesbeloftes te koop

    gaan jy dalk vandag weer
    my terreine kom verken
    dalk vandag die geheime
    van jou liefde aan my toevertrou
    is dit vandag die Jerigo-dag
    dat jy sewemaal
    om my muur gaan loop
    gaan jy my dalk vandag
    met jou hart vertrou

    staan my wagte ewig paraat
    om te kyk wie my gaan verraai
    om betyds die ramshorings
    te blaas sodat ek die stad kan verlaat
    vanuit my ommuurde stadstorings
    hang ek sku ‘n rooi merker net vir jou
    hoopvol oor my veilige Jerigo-muur
    en ek wonder of jy dalk vandag
    jou liefdesmag gaan stuur

    Lizelle 25/05/2011
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    JERIGO Empty Re: JERIGO

    Post by Enid Sat 15 Oct 2011, 11:43 pm

    stunning zany...ek sal altyd hoop dat hy daadie mure kan breek, die een wat dit doen is baie spesiaal ; )
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    JERIGO Empty Re: JERIGO

    Post by anderkant Mon 17 Oct 2011, 7:35 pm

    Dit is absoluut my beurt en heeltemal gepas om te kom stilstaan by een van jou verse. Sjoe, hierdie is 'n magiese vers wat met elkeen van ons op unieke wyse sal kan spreek. Lizelle - jy skryf puik, ek hou van die manier wat jy jou gedagtes aanbied en jou woordeskat is net so meesleurend. Ek sien uit na nog baie meer.
    avatar
    Guest
    Guest


    JERIGO Empty Re: JERIGO

    Post by Guest Mon 17 Oct 2011, 7:53 pm

    Zany,......... hierdie is beslis 'n meesterstuk!!!
    Lizelle
    Lizelle "Zany Zella"


    Location | Ligging : Scottburgh/ Umtentweni KZN
    Posts | Bydraes : 11
    Points | Punte : 29
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 62

    JERIGO Empty Re: JERIGO

    Post by Lizelle "Zany Zella" Tue 18 Oct 2011, 10:36 pm

    Baie dankie vir die lees en die positiewe kommentaar. Ek waardeer dit.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    JERIGO Empty Re: JERIGO

    Post by BennyB Thu 20 Oct 2011, 4:28 pm

    Baie Nice...Uiteindelik lol!
    avatar
    Ah,Willa
    Guest


    JERIGO Empty Pragtig

    Post by Ah,Willa Fri 27 Jan 2012, 12:58 am

    Ek sien net nie 'n vote button hier soos met jou ander gedigte nie ... so ek kan nie vote nie - nie 'n member van die forum nie - nie juis 'n atreklikke om gebruikers vriendelike forum nie - mal oor jou werk en die gedig is awesome

    willa by willa dot co dot za
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    JERIGO Empty Re: JERIGO

    Post by Torm Sat 28 Jan 2012, 9:24 am

    welgedaan!

    Sponsored content


    JERIGO Empty Re: JERIGO

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -
      » JERIGO

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 6:53 pm