Afghanistan

    Share
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    Afghanistan

    Post by Torm on Fri 27 Jan 2012, 12:58 am

    die trein teklakketieklak langs die swart
    gemaskerde kant van die groot Hindoe Kush
    deur velde van skoonheid en skade
    afgekamp deur doringdrade
    soos gewoonlik reeds te laat
    die vrou wat’k soek om mee te praat
    is reeds doodgebloei
    en dit is teen haar die klag
    sy’s verkrag
    dit mag net haar eie skuld wees
    - langs stowwerige stasies bedel wese èn weduwees -

    die trein teklakketieklak aan
    laaste sonstrepe dans ʼn attan
    vlekke op die rûe van pleistosteen-oue berge
    lyk soos antieke Timurid kuns
    elke tree word ʼn wins
    van gewaarwording
    al is dit ʼn reis vol van niks
    want hoe meer die strydende faksies vat
    hoe meer word die rykdom aan geduld wat
    skuil agter baarde, plooie en ziggoerat terras vore
    - ʼn tuin in die woestyn is mos meer werd as een in die trope -

    selfs nou nog in my debietorder tronk vasgekluister
    vind ek ou mineur neuries om na te luister
    en proe ek so dan en wan
    die organiese stof
    van Afghanistan

    © Torm 2012

      Current date/time is Thu 27 Jul 2017, 7:32 am