FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Sielsweg

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Sielsweg Empty Sielsweg

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:26 pm

    In die aangesig van my opregte liefde
    vind jou siel myne se melodie en diepte
    Die toweraanslag van jou kunsternaars mag
    verruklike klanke en harmoniese sugtinge sag...
    Die pad wat jou vingers baan, so verruklik
    aanloklik die eindbestemming vervulling inskiklik
    Jou lippe baan die weg en jy verkry toegangsreg
    in die poele van blou ontdek jy na my siel die weg
    Smagtend, brandend en propvol begeerte soet
    die besit van my hele wese nou vir jou 'n moet!
    Oorvloedig vloei hierdie passievolle gode drank
    deposito's vir ewig in vervullende liefde se bank
    Bemin my weer en weer, asseblief nog 'n keer
    met elke betowering is als so passievol dog teer...

    © Madri Cordier

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 5:47 am