FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Spel

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Die Spel Empty Die Spel

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:25 pm

    Die liefdespel - ewigdurend poog mense te verduidelik in 'n neutedop
    ongelukkig is dit net die hart wat mens se hele wese gedurig fop
    Die betowering - 'n spel waaronder die nuanse die brein intimideer
    en jou hart, siel, liggaam en verstand onder 'n wanindruk verkeer
    Die ontdekkingstog - verruklik, passievol en waansinnig eufories
    die leë gevoel daarna in liefde verlaat, hol die klanke eens so liries
    Die verlatenheid - begoggeld deur die liefdespel van klatergoud
    eensaam, hartseer en die spieëlbeeld nou dof en sommer oud
    Die waarskuwing - pasop onskuldige hart vir die liefdespel se smart
    die ego van onbeantwoorde liefde weerklink hard en bitter verward

    © Madri Cordier

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 7:41 pm