Dwaalgange van Onthou

    Share
    avatar
    Madri Cordier

    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 41

    Dwaalgange van Onthou

    Post by Madri Cordier on Thu 26 Jan 2012, 8:23 pm

    Doelloos dwaal ek in die gange van onthou
    kaal mure eens behang, nou net muf en grou
    Krake met tyd se verweer, leë spykers sonder raam
    streel my vingers oor die vriendskappe sonder naam
    Leeg, kaal, koud, spinnerakke, stof en skerwe glas
    tergende spookdrome aan gedagtes van hoe dit was

    © Madri Cordier

      Current date/time is Sat 23 Sep 2017, 9:09 am