FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Diep Uitgehaal

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Diep Uitgehaal Empty Diep Uitgehaal

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:16 pm

    In jou totale verslawing,
    gestroop van emosies en beskawing...
    Jou siel, hart en liggaam verkwansel
    leeg, doelloos, vasgevang en sonder beginsel...
    Dwelms - soveel name, dosyne en nogmaals meer
    dinge geneem deur die waansin, sonder keer!
    Diefstal tot gevolg 'n koue donker sel
    onregte gepleeg wat mens amper nie oorvertel...
    Verkrag, verneder en van jou manlikheid ontneem
    vuil, verwerp en van Allerhoogste vervreem...
    Als deel van God se plan
    diep uitgehaal is hierdie man...

    © Madri Cordier
    *Geskryf vir 'n vriend wat sy stryd teen dwels en straatlewe oorwin het...

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 12:01 pm