FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    My hart se huis

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    My hart se huis Empty My hart se huis

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:05 pm

    Vreemdeling met jou siel vergruis
    maak van My hart ook jou huis
    Was jou hande in My poele blou
    verwarm jou siel hier teen die kou
    Beskut teen die wêreld se seer
    vind by My rustigheid en meer...

    Aanskou jouself in My spieëldbeeld
    smeer kwistig liefdesalf aan elke eelt
    Vryf weg al die lyne van bekommernis
    sit aan by My tafel van groot vergifnis
    Voed jou gebroke siel uit My oliekruik
    van elke opoffering mag jy gebruik...

    Drink dorstig uit My blomtuin se fontein
    was jou voete in My skottel van porselein
    Verkwik jou gemoed met My lewensbrood
    vind ewige rus hier in jou swerwersnood
    Rus jou kop hier sag op My liefdeskussing
    My hart se huis is eindelik jou bestemming...

    © Madri Cordier

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 2:46 am