FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Liefdesduet

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Liefdesduet Empty Liefdesduet

    Post by Madri Cordier Wed 08 Feb 2012, 3:34 pm

    Hy: Soos 'n danser sonder ‘n passie, 'n digter sonder woorde, 'n man sonder sy beminde, 'n vlam sonder hout, 'n sonstraal yskoud... dis hoe my hart voel sonder jou!

    Sy: Die stilte ego die melodie van jou hart en ek onthou...

    Hy: Gedagtes van 'n etopiese gister... belewenis van 'n euforiese more. Lê my begeertes soos die grondpaaie met stowwerige spore...

    Sy: Blind staar my hart na gister se geur van jou Adam’s aanraking. Jou stille teenwoordigheid my ingang tot eendag se ontdekkingstog... Die beloftes soet op die kus van ewige nektaar in die bruisende fontein van geheime opgesluit

    Hy: Vir ewig en altyd weggebêre in my hartstog skatkis. In die juwele van jou passie, die geheimenisse van jou vrouwees...

    Sy: Liefkosings wat skitter soos goud en die kaart na daai skat lank verlore. Wit lelies om my nek, blink soos die vrugte aan die bome van liefde se paradys...

    Hy: In jou oë vind ek die einde van my ontdekkingsreis. In jou hande is my hart dan tuis...

    Sy: Verdrink in my poele blou en sien jou siel weerkaats in die ego van my drome. Vlinders wat in sonlig skitter, bring die bekoring van jou aanraking wat eens was... Ontwaak in volle prag deur liefde sê, mag

    Hy: En moeg val ek nou in die koel van die strome. Ek ontsnap na die land van silwer drome...

    Sy: Lafenis van die Wilger se skadu vlieg die duif na drome soet...

    © Winston Hulley
    © Madri Cordier

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 11:24 am