FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Verlange

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Verlange Empty Verlange

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 7:59 pm

    Die verlange na jou het my vandag kwaai beet
    gedagtes aan jou maak dat ek nooit kan vergeet
    Spesiale oomblikke van als wat my siel so omvou
    hunkering na ure se gesels en minute van onthou
    Ek verlang na jou...

    Die sleutel tot my hart se kamers het jy gesteel
    en in die proses het jy die deur vir altyd verseel
    Rankrose, onkruid en erosie versier nou die muur
    smagtend na die tuinier se hande wat als bestuur
    Ek verlang na jou...

    Herinnering aan jou fluisterwoorde wat vertroos
    emosies verborge in wat kon wees is so sinneloos
    Vandag is toe gister se more en die verlange bly
    waar sal ek weer iemand, 'n sielsmaat soos jy kry
    Ek verlang na jou...

    © Madri Cordier

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 1:00 pm