FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 42 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 42 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 42 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 26 Jan 2012, 1:35 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ons hande se woorde
    rym in vrye vers

    die ritme van ons lywe
    eb en vloei
    soos springgety .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek lief dit om
    in die groen van jou oë
    se Sprokieswoud te verdwaal
    om my aan jou te verkyk
    jou te lief
    tot dag nag kom haal .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    wanneer die vlytige vinkmannetjie
    soggens voor ons kamerruit
    vleg aan sy huisie nommer vyf
    my oë oopgaan ek bewus word van jou lyf
    snoesigwarm styf teen my
    die Rooikophoutkapper so beautiful fluit

    steek ek my eerste sigaret aan
    en trek die rook behaaglik-diep
    in my longe in .


    ( 11/12/2011 00h41 )

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 7:23 pm