FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Verlange se vlerke

    Morney C van Staden
    Morney C van Staden


    Posts | Bydraes : 12
    Points | Punte : 32
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-25
    Age | Ouderdom : 54

    Verlange se vlerke Empty Verlange se vlerke

    Post by Morney C van Staden Thu 26 Jan 2012, 12:19 am

    ek staar verlate na die donker nag
    wat saggies in sy mou vir my lag.

    ek roep jou stem verby die lane
    van my verlore trane
    wat vloei uit my hart se gange

    kan jy my verlange voel

    die wind se treur gesange
    huil deur die stilte van die nag

    ek skryf jou naam op die maan se muur
    soos hy na my gluur

    stil lê hy en wag
    tot jy weer lig gee aan my dag

    sal jy ooit weet hoe skreeu my liefdes kreed

    deur die verte soos dit sweef
    na jou sonder perke op my verlange se vlerke.


    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Verlange se vlerke Empty Re: Verlange se vlerke

    Post by Enid Thu 26 Jan 2012, 12:21 am

    die een kry definitief 'n love it van my af....dit praat met my hart

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 9:58 pm