FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Heimwee oor jou en die pragtige see

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Heimwee oor jou en die pragtige see Empty Heimwee oor jou en die pragtige see

    Post by Claira Summers Wed 25 Jan 2012, 6:10 pm

    Wanneer dink ek weer
    aan die pragtige see
    aan die skuim op die branders
    die stroom sleur my mee
    die gedagtes aan jou
    is vir ewig dalk stom
    onthou nog die seevoels
    die soutsproei in trane vermom

    Wanneer dink ek weer
    aan die pragtige see
    aan die blou lug en die wolke
    aan ons voetspore en tree
    saam sou ons als gedoen het my lief
    elke droom mee kon toor
    maar verby is die lied

    Onthou le daar ver
    in my hart se spens
    verby al die jonk wees
    die lag en die wens
    alleen sal ons saamwees
    dit vir niks meer veruil
    mekaar net verdoessel
    in ons heimwee verskuil

    Wanneer dink ek weer
    aan die pragtige see
    aan die skuim op die branders
    aan die wind en die wee
    gedagtes aan jou
    bly nou sluimerend le
    as ek jou net vir n oomblik
    weer terug kon he

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 4:10 pm