Wat het geword

    Share
    avatar
    Enid

    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 44

    Wat het geword

    Post by Enid on Wed 25 Jan 2012, 6:06 pm

    my hart oorstroom met trane
    van verlange na julle
    julle is lewendig-dood in my bestaan
    julle probleme versmoor my
    met seer verwerping
    van selfsug net om julle

    wat het dan geword
    hoe verwoord mens
    ouers en kind
    sonder verhouding en kommunikasie

    wat het geword van
    ‘ons is trots op jou’

    ek ervaar steeds
    my eerste lewenslig
    met julle gesigte voor my

    dis hoekom ek kon veg
    veg om lewe en dood
    oor julle opwinding oor my
    maar nou, nou is dit verby

    EEvdMerwe/kopiereg/2012


    _________________
    2012/kopiereg/EEvdMerwe

      Current date/time is Tue 19 Sep 2017, 10:22 pm