FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    samekoms

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    samekoms Empty samekoms

    Post by Torm Tue 24 Jan 2012, 12:49 am


    So baie melodieë
    vul die gange van die lewe
    ouditief ekspressief
    dring selfs deur
    in klankdigte tronke.
    So baie ritmes, eksplosief
    laat voete jeuk
    en moeë denke dans.

    Maar so ʼn geringe kans
    dat die twee ontmoet en een word
    dat een aanvul wat die ander kort
    in ʼn bomenslike harmonie.
    Nie almal is dit beskore nie
    die drank van gode
    onbeskonke dronk
    simfonie
    euforie!

    © Torm 2011
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    samekoms Empty Re: samekoms

    Post by Rudi Coetzer Tue 24 Jan 2012, 12:16 pm

    ek hou hiervan...hou mens heeltyd excited ....in afwagting....

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 12:23 pm