Ontspanne leun jou geleefde lyf
teen die bekendheid
van ‘n silwer-plaashek draadbaadjie
sy klingelende kettinghaak; lossies deur ‘n ring gevleg
waaronder ‘n lowergroen tweespoorpaadjie
kronkelend na voor en agter strek
graspolle en korrelklipsand
knars krakend onder jou veldskoensool
en terwyl jou regtervoet sy knus-plek
op die onderste dwarspaal streel;
speel ‘n pypbekroonde ouman-kindwees;
huppelend in dieptes van die natuurskoon
jou oë het versag
toe gedagtes jou wegvat
na doerbo
waar die valkies rinkelend
binne in die vonke van jou denke sweef
in die sirkelgang waar begin aan einde kleef
teen die bekendheid
van ‘n silwer-plaashek draadbaadjie
sy klingelende kettinghaak; lossies deur ‘n ring gevleg
waaronder ‘n lowergroen tweespoorpaadjie
kronkelend na voor en agter strek
graspolle en korrelklipsand
knars krakend onder jou veldskoensool
en terwyl jou regtervoet sy knus-plek
op die onderste dwarspaal streel;
speel ‘n pypbekroonde ouman-kindwees;
huppelend in dieptes van die natuurskoon
jou oë het versag
toe gedagtes jou wegvat
na doerbo
waar die valkies rinkelend
binne in die vonke van jou denke sweef
in die sirkelgang waar begin aan einde kleef
Last edited by Mefri on Mon 23 Jan 2012, 6:06 pm; edited 2 times in total