FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Karlien.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Karlien. Empty Karlien.

    Post by Manie Jackson Mon 23 Jan 2012, 12:15 pm

    As ek my oe toemaak, kan ek jou duidelik sien,
    jy my swakheid, my vreugde – Karlien.
    Mag jy nooit die vlam op jou wange verloor,
    ... die vonkel in jou oog wat my hart deurboor.
    Jy is nog my hart se klop,
    jou verskyning maak my asemhaling vir ‘n oomblik stop.
    Jou hare swart soos ‘n maanlose nag,
    Jou oe die groen van suiwer Smarag!
    Lippe-rooi soos Robyne!
    Kyk hoe goed lyk jou vingers tussen myne!
    Vul jou stem die leemtes om my heen.
    Sag soos die Transvaal se Geel perske reen!
    Kan ek anders as om na jou te smag?
    Word ek week as jy vir my glimlag.
    Hoe kan iemand dit dalk verstaan?
    Kan ek jou kwalik ooit weerstaan!
    Vars is jy soos die lente, soos die more breek.
    My skilde val, laat my skanse in die steek!
    Bars my wereld in kleure uit as jy vir my glimlag!
    Helder soos die vlinders wat jy in my maag opjaag!
    Laataand sal jy vir my sing.
    Watter vrou kan met jou meeding?
    Heeldag sal ek aan jou dink.
    Tot lank na die son agter die berge sink.
    En dan in donker ure, my drome soet.
    sal ek jou sien, bemin tot die more groet.

    Manie Jackson 4/9/2011

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 12:00 pm