FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Tyd.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Tyd. Empty Tyd.

    Post by Manie Jackson Mon 23 Jan 2012, 12:09 pm

    Tyd is n relatiewe begrip.
    Maande, dae, nog n uur.
    Elkeen van ons die kaptein van ons skip.
    Tik die ou horlosie teen die muur.

    Tyd vlug snel, ewig kwyt.
    Waar sal ons mekaar weer kry
    En die mens se uurglas sif stadig uit
    Wat ons nou het, is goed verby!

    Wat en waar sal jy more wees?
    Niks ooit weer soos nou,
    Die oomblik sal jy nie weer terug kan kry.
    Ook nie dit wat die uurglas lees behou!

    Hoe sal ons dit kan vehaal,
    ‘n Stukkie wat in die legkaart pas.
    Elke korreltjie sand wat deur sou val,
    Kleur die prentjie van dit wat was.

    Sou jy ‘n lewe nou aanraak.
    ‘n oomblik vry, ‘n gedagte saam...
    Dalk het jy ‘n verskil gemaak?
    Op watter bladsy veskyn jou naam?

    Weet jy waar die lewe dan sal draai?
    Hoe lyk die wereld anderkant die muur?
    Sal jy wat jy plant tog maai.
    Hoe lank jou rit op die pad sal duur?

    Wat is die tyd in sand afgemeet?
    Wanneer slaan jou boek dan toe?
    Elke uurglas loop stadig uit, - jy weet!
    Eindig almal se hoofstuk... vir goed!




      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 6:43 pm