FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 37 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 37 )  Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 37 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 19 Jan 2012, 12:49 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    jy is die pacemaker
    van my eens flou hartklop
    jy is die resurrection
    van my eens dooie ek
    en jy is die bruis
    van hierdie woestynsiel
    se eens droë rivier .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    jy renovate
    die struktuur
    van my bouvallige-ek
    tot die glorie van my potensiaal
    jy redecorate
    my binnekant
    in warm herfskleure
    en kwas vreugdevolle-geel
    teen die vaalmure
    van my wanhoop .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    het ek my verbeel
    of pas jou reddingsboei
    in hierdie onstuimige oseaan
    genaamd my lewe
    presies perfek
    om my ?


    ( 29/10/2011 12h35 )

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 10:30 am