ek staan kniediep in jou hart

    Share
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    ek staan kniediep in jou hart

    Post by Torm on Thu 19 Jan 2012, 2:26 am


    ek staan
    kniediep in jou hart
    skep bakhand
    aan die smart
    wens ek kan als wegwerk
    ek staan kniediep in jou hart

    ek sit
    hurkend in jou hart
    luister
    genotvol hoe dit klop
    hoor jou stem, jy lewe
    ek voel die bloed en asem bewe
    ek sit hurkend in jou hart

    ek lê
    rustig in jou hart
    as jy vertel beleef ek
    iets het’k tog bereik
    my lewe het ʼn wonder gewerk
    hawe in een huis hier bewerk
    soms kan’k selfs slaap
    ek lê rustig in jou hart

    © Torm 2011

      Current date/time is Tue 19 Sep 2017, 10:19 pm