FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Oomblik vir altyd ( 37 ) ħ

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oomblik vir altyd ( 37 ) ħ Empty Oomblik vir altyd ( 37 ) ħ

    Post by Rudi Coetzer Thu 19 Jan 2012, 3:29 pm

    Ek rol jou
    soos sagte fudge
    oor die tong
    van my gedagtes (Camsica)

    jy melk-toffie
    in die kies
    van my siel
    wat skoon bolwang
    soos ek aan jou
    smul suig en kou. ( R )

    Jou gemmer-geur
    hang jy aan die pelmets
    van my hart se vensters

    ek teug die laventelbos
    van jou jy in
    wat ʼn bekende nasmaak
    in my mond los. ( Camsica )

    Jou fyn sagte vroue-geure
    los neusspoorsny-afdrukke
    in die onthou-holtes
    van my brein
    van my hart
    en ek volg jou blindelings
    op ñ lank gehiberneerde-behoefte
    wat jy in my ontwaak. ( R )

    Die butterfly-beautiful spoortjies
    van jou vingerpunte se voel
    stuur sensasie-tintels
    wat sensories SOS
    deur my lyf
    en hoender-vel prikkels
    laat my elke sintuig
    voorbarig-voorbereid
    en smekend op aandag staan. ( Camsica )

    Jou sagwarm-vel
    se hitte gelei
    reguit na my siel
    en kombers my hele ek
    met ñ gesellige winterkaggel
    se cosy gevoel
    en die vuur in jou oë
    steek brandhout
    in die binnekamer
    van my hart aan. ( R )

    Die snoes-sag
    van jou binne-arms
    se knus
    wang teen my slape
    wanneer ek
    vreedsaam-teer in jou arms rus
    wanneer ek my nek
    swaan-slank
    aanvlei teen jou bors-

    as ek
    die ritme
    van jou hart voel vibreer
    teen my oor
    besef ek
    dat ek jou nooit wil verloor. ( Camsica )

    Jou fyn satyn-hare
    sprokie-sprei
    oor my bors -
    kielie my maag

    dan stil jy
    my lawwe giggels
    met vlinder-soene
    wat tyd vertraag
    en my hart se ritme versnel. ( R )

    Diep in die aarde
    van jou oë se siel
    sien ek
    voel ek
    ervaar ek
    ’n soutkorrel oomblik

    ‘n oomblik
    vir altyd. ( Camsica )




    ( ħ Camsica & Rudi Coetzer
    16/07/2011 23h23 )




    Attachments
    Oomblik vir altyd ( 37 ) ħ AttachmentOomblik vir altyd 37 foto.JPG
    You don't have permission to download attachments.
    (248 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:13 am