Bedruk of Bevry

    Share
    avatar
    antieklimaks

    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 51

    Bedruk of Bevry

    Post by antieklimaks on Wed 18 Jan 2012, 6:41 pm

    Bedruk of bevry?

    Toe ek nog bedruk was
    en my hart elke oomblik seer was,
    het ek maklik geskryf oor emosies
    was my lewe donkermaan & verlepte rosies…
    Toe ek nog depressed was.

    Toe ek elke oggend spyt was
    dat ek nie in die nag gesterf het nie,
    toe elke ding vir my te veel was,
    ek ek sommer vir alles deur my oë wou piepie
    het ek geweet iets is fout, maar kon nie eintlik worry nie.

    In my bevryde vorm
    is lig & lag & redelikheid die norm.
    angs & stres is iets van die verlede.
    Uitdagings kom, maar ek het daaroor vrede,
    in my hart, in my kop is daar nou net die hede.

    Soms voel ek onverantwoordelik & wild
    maar die stem van die rede is dringend
    en luid.
    En my bevryde vorm val vas, bedruk & gebind
    in Afrikaner ordentlikheid.
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 50

    Re: Bedruk of Bevry

    Post by Rudi Coetzer on Thu 19 Jan 2012, 6:11 pm

    goeie werk...jou storie en emosies en omstandighede en dilemmas goed uitgebeeld.
    (nota:ek vermoed die Bedruk of bevry?>van jou eerste reel is eintlik jou titel?en dat dit nie deel van die gedig is nie...maw:moenie jou titel herhaal wanneer jy die body van jou gedig paste nie)
    avatar
    antieklimaks

    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 51

    Re: Bedruk of Bevry

    Post by antieklimaks on Thu 19 Jan 2012, 6:18 pm

    Dankie, ek sal een of ander tyd alles reg doen! Very Happy

    Sponsored content

    Re: Bedruk of Bevry

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 27 Jul 2017, 7:35 am