soos sy faal om branders se tuimel-rol te stu
silwersulfiet uit vroeë oggendure te haal,
wend sy haar na ooptes waar skadu's nie
teen bleekdag se lyne ets nie;
hurk in sandduine se boggelrûens,
vroetel tone tussen eva se prehistoriese spore -
steeds verstom dat die mens se merk
hier begrawe lê
arms gevou om geboë hoof
begin sy aan dun repe van onbewaakte ure kloof,
afwisselende leegheid en euforie
wat sy beurtelings uithang vir lug en lig
hier deps sy volmaakte skulpies
en glad gespoelde klippies vir later se
kaktus formasies in haar blomarm tuin -
steeds aan't wonder waarom kleur
uit haar goedversorgde binnehof verdwyn
as rooidag haar veel later
vrou-alleen teen skuinstes van hoogwatervlekke vind
skyn sy immer weerloos
weerloos soos 'n kind.
© 2011 Almarie Truter.