FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Erfgrond

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Erfgrond Empty Erfgrond

    Post by Claira Summers Mon 16 Jan 2012, 1:37 pm

    Genadeloos kraak die wortels
    die sandveld in weemoed oop
    die grond le gelate stil
    die tyd snel onbaatsugtig voort
    dik wortels van die vaalbos
    en myne le deurmekaar
    op die dorre lappie aarde
    en dit lewer geen kommentaar
    van rots tot rots sluip die droogte traag
    verdrink in die sonde van die tyd
    besoek aan die vaders en die kinder trots
    bring galg-grafte na boontoe uit
    jy le leeg en vluister na jou mense
    die vers as erfgrond gaan net voort
    suurveld, klapper en sering
    alles verder is nuut vermink
    my wortels in jou afgebreek
    spore kloof jou veld
    soos doringboom en klitsgras grou
    klou dit vas en maak dit rou
    in jou boesim le daar sprokies
    en n riller of selfs twee
    erfplaas sal jy vir altyd
    vir my n stukkie van jou gee
    soos die ysterklip n kors daar le
    jou stof wil ek tussen my tone he
    erfgrond swerfgrond mooiste plek
    hoekom hou jy my so vir die gek
    uit sondelas val daar druppels as
    van my sout trane van wat kon was
    vergeefs sal die wereld voortgaan
    en van jou word daar nie vergeet
    in die sandpad tussen grasveld
    le my lag en my hart se leed

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 10:14 pm