FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ontbloter

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ontbloter Empty Ontbloter

    Post by Rudi Coetzer Mon 16 Jan 2012, 12:36 pm

    Ek string sinne
    stik stik aanmekaar
    soos die blokkies
    van ñ lappieskombers

    my woorde die gare
    my pen die naald
    met oë wat dof word
    met ñ siel wat sien
    met hare wat grys word
    met ñ hart
    wat kleur verstaan .

    Prentjies neem strofe vir strofe
    vorm aan
    soos die regte letters
    stik stik
    gaatjies vul
    en blokkies
    warm teenmekaar vastrek .

    Dit is die my
    dit is die ek
    wat ek hier
    so ontbloot –

    so kreatief
    aanmekaar vasnaai .



    ( 15/01/2012 01h19 )

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 5:32 pm