Reis met my mee

    Share

    John Hope

    Posts | Bydraes : 2
    Points | Punte : 6
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-10
    Age | Ouderdom : 53

    Reis met my mee

    Post by John Hope on Sat 14 Jan 2012, 4:35 am

    My lippe sal graag jou onbekende
    dog bekende deinings wil verken,
    om jou, soos Marco Polo van ouds,
    na die ooste weg te voer.

    Oor die swartsee wat snags
    in volmaan glinster,
    sal hierdie boekaniershart
    weer wit word en lewe se robyn
    weer deur sy are laat pols
    as jy net die tog met hom sal meemaak.

    Na waar 'n nuwe lewe wink,
    in die ooste
    waar tornyne en seeperde op die
    horison rinkink.

    Ragfyn nette is oorbodig,
    hierdie boekanier se hart het jou
    so nodig.
    Hy sal jou die sleutels na verborge
    skatte gee,
    maar smekend versoek hy nederig en sag
    reis saam na die ooste
    waar Luna kan rys en glim in al haar prag,

    na 'n boekanier se hart
    wat smagtend wag.


    (kopiereg voorbehou)
    avatar
    Sekelmaantjie

    Location | Ligging : Saldanhabaai, Kaapse Weskus
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 47
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-01
    Age | Ouderdom : 18

    Re: Reis met my mee

    Post by Sekelmaantjie on Sat 14 Jan 2012, 9:44 pm

    Dit is n baie mooi gedig. Ek hou veral van 'ragfyn nette is oorbodig,hierdie bokanier se hart het jou so nodig'. Very Happy
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Re: Reis met my mee

    Post by Rudi Coetzer on Sat 14 Jan 2012, 11:55 pm

    hou baie hiervan..n pragtige werk......
    war mooi vloei..soos oseaan se deinings.
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 19

    Re: Reis met my mee

    Post by AmmieMoon on Sun 05 Feb 2012, 2:35 am

    klink soos 'n seemans-gebed aan 'n geliefde....ek hou hiervan, sommer baie ! Like a Star @ heaven


    _________________
    Ammie Moon

    Sponsored content

    Re: Reis met my mee

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 22 Nov 2017, 4:13 pm