FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    JOU PASSIE IS SOOS TAKE-AWAYS

    avatar
    Xenon


    Posts | Bydraes : 1
    Points | Punte : 3
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-12
    Age | Ouderdom : 56

    JOU PASSIE IS SOOS TAKE-AWAYS Empty JOU PASSIE IS SOOS TAKE-AWAYS

    Post by Xenon Thu 12 Jan 2012, 7:52 pm

    Nie elke dag nie
    sê jy…
    Dit maak jou te gou vol
    Is ook kwansuis nie goed vir jou

    Jou take-aways word goed beplan
    en weekliks uitgewerk
    en soms, soms staan ek verstom…
    Eet ons dit gulsig gou voor kerk!

    Eens was daar baie slaai en sous
    en mooimaakgoed met die bedien
    Deesdae is die garnering min
    Niks regtig om na uit te sien

    En dan is daar die tamatiesousdae..
    sonder tjips of burgers of ‘n ietsie soet...
    Met die drive-through ingang toegesluit
    wat ondraaglik lank vir dae woed…
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    JOU PASSIE IS SOOS TAKE-AWAYS Empty Re: JOU PASSIE IS SOOS TAKE-AWAYS

    Post by AmmieMoon Fri 13 Jan 2012, 12:43 pm

    Die erosie van verhoudings wat taan..Ek is gaande oor jou metafore en amper siniese beskrywing van hierdie afgewaterde passie ! Puik ! Like a Star @ heaven

    (ps: beslis tyd om die dieet aan te pas na iets heilsaam en langdurend! :-))

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:09 am