FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Weskus

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Weskus Empty Weskus

    Post by AmmieMoon Fri 13 Jan 2012, 1:01 pm

    Skemer leun teen 'n droesem heuwel
    en skuifel afdaend tot teen die dunlip
    van die baai;
    vis en tjips papiere hang soos krismis versierings
    teen lendelam drade waar 'n basterbrakkie pie
    teen 'n bergie se oornag-skuiling.

    Wolke kwas yl teen bleekte en lig vir oulaas
    waar son vroeër nog lustig aspaai het
    en ek kyk gedwee na my gister-wee uitgesloot
    langs die branderlyn,
    krimp klein teen 'n speelse aandwind
    wat por por poer teen my skouerblaaie.

    Ek ken hierdie kus
    hierdie vasgeroeste duinesand en brander-arm kaai
    waar ek wegkruip van belasting, politiek
    en ouvrou polemiek oor kerktorings, penisse en
    seksbehepte kanselkleed-draers,
    waar ek elke skemeraand vog tussen mosselgruis
    en vir 'n wyle knus tussen meeue se aasbek grappe.

    Neem onversadigbare happe
    aan die sout en pekel van vissersdorpie vrede,
    waar kreefwatersman en miljoenêr se asems
    beide na bokkom ruik en 'n kongavuur
    almal se hande-warm-maak-plek is.

    Die Kaapse Weskus misvloer weer
    oor bar vlaktes, waar staal en stof
    kinkhoes oor 'n onontdekte paradys -

    waar ek vingerwys na bo en luid verklaar
    '' Hierdie armlastig land het my swaar gebaar ''.


    © 2011 Almarie Truter
    Attachments
    Weskus Attachment030.JPG
    You don't have permission to download attachments.
    (3 Mb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 2:17 am