Dag sterf stil
wanneer skemer sy asem
skerp intrek
en geboorte gee
aan die nag
wat sy simfonie
oor die aarde speel.
Vanaand se lug is koeler
as gisteraand se warm bries
en my arms
klem my knieë
om die koue
uit te bondel.
My hart vries.
Die vulkaan
van jou bulder-stem
eggo steeds
duskant middernag
terwyl my fluistering
wegsmelt
in jou teenwoordigheid.
Die deur klik sag oop.
Jou bonkige gestalte
blok die opening
dan dawer die kosyn
en kners jou sole
oor die teëls
na die mat
tot voor ons bed.
Ek sluit my oë
skiet-gebed na bo.
Broos wag ek
tot jy my rof nadertrek.
Jy vloek wanneer
ek my gesig wegdraai
om jou drank-walms
te ontwyk
om nie tot in die dier
van jou siel te kyk.
Ek sterf stil
wanneer jy jou asem
skerp uitblaas
jy jou hande ferm
om my gekweste skouers sluit
jy my onhandig
op die bed neersmyt.
Die flenters
van my stukkende ek
sal nooit weer heel.
wanneer skemer sy asem
skerp intrek
en geboorte gee
aan die nag
wat sy simfonie
oor die aarde speel.
Vanaand se lug is koeler
as gisteraand se warm bries
en my arms
klem my knieë
om die koue
uit te bondel.
My hart vries.
Die vulkaan
van jou bulder-stem
eggo steeds
duskant middernag
terwyl my fluistering
wegsmelt
in jou teenwoordigheid.
Die deur klik sag oop.
Jou bonkige gestalte
blok die opening
dan dawer die kosyn
en kners jou sole
oor die teëls
na die mat
tot voor ons bed.
Ek sluit my oë
skiet-gebed na bo.
Broos wag ek
tot jy my rof nadertrek.
Jy vloek wanneer
ek my gesig wegdraai
om jou drank-walms
te ontwyk
om nie tot in die dier
van jou siel te kyk.
Ek sterf stil
wanneer jy jou asem
skerp uitblaas
jy jou hande ferm
om my gekweste skouers sluit
jy my onhandig
op die bed neersmyt.
Die flenters
van my stukkende ek
sal nooit weer heel.
- Attachments
- Donkerkamer.jpg
- You don't have permission to download attachments.
- (124 Kb) Downloaded 1 times