FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    mea culpa

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    mea culpa Empty mea culpa

    Post by Torm Wed 11 Jan 2012, 11:45 am

    self
    het ek nie
    die hande gekeer nie
    self
    het ek nie
    die kinders beskerm nie
    self
    het ek nie
    oues en siekes gewas en gevoer nie
    self
    het ek die tyd
    deur my vingers voel vloei,
    mea culpa

    self
    het ek nie
    dominees berispe nie
    self
    het ek nie
    gierigaards verkla nie
    self
    het ek nie
    konings gekniehalter nie
    self
    was my oë soms groen
    en het ek die woorde en die doen
    in my hart voel stol,
    mea culpa

    vir ander
    het ek nie
    teen die duiwels debatteer nie
    vir ander
    het ek nie
    vuil koppe en monde gewas nie
    uit ander
    het ek die bloed
    oor die skerm sien vloei
    en ook langs die Via Dolorosa
    tot ek my voete daarin kon was
    en ek hét,
    sien Sy Bloed op my
    vergewe my
    Pa
    mea culpa

    © Torm 2011
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    mea culpa Empty Re: mea culpa

    Post by AmmieMoon Fri 13 Jan 2012, 12:55 pm

    Donder my hart nou teen my ribbekas....'n Uitstekende skrywe uit jou pen en 'n moet-lees-sosiale-kommentaar-vers ! Like a Star @ heaven
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    mea culpa Empty Re: mea culpa

    Post by Torm Fri 13 Jan 2012, 3:04 pm

    Dankie vir die moeite om die ou gedig te lees en die enigste kommentaar daarop te skryf. Verder openbaar jy buitengewone sosiaal-morele insig vir iemand wat volgens jou profiel net 13 jaar oud is :-) Ek dink dis 'n jok. Volgens jou foto is jy minstens 23.

    Sponsored content


    mea culpa Empty Re: mea culpa

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 20 Apr 2024, 12:15 am