Tussen stille oseane waar die ligte saggies gloei
van die lighuis op die klippe wat ‘n bootjie sterk laat roei.
Na sy ewige se ewigheid van son en see en lig.
Want so sien hy in die eie kop, so voel hy al verlig.
Maar soms huiwer son-lief alte wreed.
Soms bly dit te lank nag.
Soms voel als om jou so verkeerd.
Soms kan jy bloot nie lag.
Maar tussen duine tussen golwe glimlag jy vir my.
Jy trotseer die storm, net om my te kry.
My spane gooi ek eenkant, my bootjie kan maar sink.
Want jy, my ridder van die nag, sal my nie laat verdrink.
In die lewe se donker tussen laken en laken
Is jy my lig is jy my baken
Het jy my kom haal uit ‘n woeste verlede.
Vir my bewys daar is tog vrede.