donders dans oor ‘n stad
nou stil
geraas gedoof in ‘n belofte van lewe,
stof spoel lang strate skoon
dis net ek
met gedagtes wat dwaal
na iewers waar lewe, kalm tussen jou borste se punte lê
ek offer my tye van stilte
vir jou
my woorde lees groots
deur klein skrefies van my
vier-oë-monoloog-bestaan
dis net ek
wat lêplek soek
jy weet
ek soek die klam
ja, jy weet ek wil lê saam met jou
so dans die lewe
as ek oktopus
jou lyf vergod.
BennyB
© 08/01/2011 Barend Booysen
Soekend...
nou stil
geraas gedoof in ‘n belofte van lewe,
stof spoel lang strate skoon
dis net ek
met gedagtes wat dwaal
na iewers waar lewe, kalm tussen jou borste se punte lê
ek offer my tye van stilte
vir jou
my woorde lees groots
deur klein skrefies van my
vier-oë-monoloog-bestaan
dis net ek
wat lêplek soek
jy weet
ek soek die klam
ja, jy weet ek wil lê saam met jou
so dans die lewe
as ek oktopus
jou lyf vergod.
BennyB
© 08/01/2011 Barend Booysen
Soekend...