In soet akkoorde
soek ek jou woorde
van toekomsbeloftes
in hoër oktawe
se genade
staan ek stil
om te wil
verstaan wie jy is
terwyl ek saggies fluister
‘engel praat met my’
want, geluk is nie
‘n bestemming nie
dis ‘n manier van lewe
2012/kopiereg/EEvdMerwe
soek ek jou woorde
van toekomsbeloftes
in hoër oktawe
se genade
staan ek stil
om te wil
verstaan wie jy is
terwyl ek saggies fluister
‘engel praat met my’
want, geluk is nie
‘n bestemming nie
dis ‘n manier van lewe
2012/kopiereg/EEvdMerwe