net 'n doodgewone Donderdag

    Share
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    net 'n doodgewone Donderdag

    Post by AmmieMoon on Thu 05 Jan 2012, 1:54 pm


    Vandag het ek geproe aan spikkels van lag,
    aan die spookasem van winter in swanger wag
    ...en aan jou.

    Vandag het ek geraak aan die riffels van 'n
    ligte bries wat skoppelmaai oor 'n skaam see,
    aan die oophand gee van brood aan 'n arme van gees
    ...en aan jou.

    Vandag het ek gevoel hoe die maan rimpel teen
    'n dagblou hemel,
    pasgebore euforie gevoel wat in my borskas wemel
    ...en vir jou.

    Vandag het ek aan 'n doodgewone weeksdag
    geproe, gevoel, geraak
    ...en vir jou.


    © 2011 Almarie Truter


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    Enid

    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 44

    Re: net 'n doodgewone Donderdag

    Post by Enid on Thu 05 Jan 2012, 3:43 pm

    ek dink ek is aandagafleibaar, want die kort stukkie van jou het ek nou met aandag kon lees en terdee geniet, perfek geskryf in diepe...dankie vriendin


    _________________
    2012/kopiereg/EEvdMerwe
    avatar
    Julia Hill

    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 47

    Re: net 'n doodgewone Donderdag

    Post by Julia Hill on Thu 05 Jan 2012, 9:36 pm

    Stunning Ammie .... just a lovely read Smile


    _________________
    All material remains under copyright
    (c) Julia C Hill
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    Re: net 'n doodgewone Donderdag

    Post by AmmieMoon on Sun 15 Jan 2012, 1:26 pm

    Thanks Jewls ! Hey, I miss you big time my vriend ! Like a Star @ heaven


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    Sekelmaantjie

    Location | Ligging : Saldanhabaai, Kaapse Weskus
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 47
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-01
    Age | Ouderdom : 18

    Re: net 'n doodgewone Donderdag

    Post by Sekelmaantjie on Sun 15 Jan 2012, 3:45 pm

    Dit is pragtig.Ek hou baie van die gedig. Wink

    Sponsored content

    Re: net 'n doodgewone Donderdag

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 20 Sep 2017, 10:50 am