FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Skemeruur

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Skemeruur Empty Skemeruur

    Post by anderkant Wed 04 Jan 2012, 7:36 pm

    langwylig die verhaal van Adam;
    toé verskil dan volgens tong
    en noú is lankal nie meer 'n gegewe nie,
    dit hurk kruisbeen langs gewoonte-plig

    in die Suide van die Woud
    lig koppesneller sy trofeë
    én talisman omhoog;
    die teenstand-res grotesk behou

    ek bepeins die verskil
    in hoe ons glo;
    tussen Adam en die Woud
    en die koms van die Dief in die nag.

    die ikonograaf herhaal tog
    keer op keer
    die kerk se leer
    en verf dan juis Sý beeld daar nie

    op hiérdie aand
    -wie weet, dalk my laaste
    in die Adam-simfonie,
    in hierdie nou, wonder ek

    ek wonder oor toé
    en ek wonder oor noú
    en tog, bó mens en sy verwagting
    glo ek steeds in môre.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Skemeruur Empty Re: Skemeruur

    Post by AmmieMoon Thu 05 Jan 2012, 1:43 pm

    ....Onwrikbaar die hoop, die Hoop veby wereldse persepsies en interpretasies.....!! Like a Star @ heaven

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 2:40 pm