FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    The adventures of Tintin

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    The adventures of Tintin Empty The adventures of Tintin

    Post by Torm Sat 31 Dec 2011, 6:37 pm


    Steven Spielberg het raak gevat met hierdie film van die klassieke tekenprent karakter. Hy het duidelik gewag vir die industrie om animasie met akteurs tot hierdie vlak te bring. Die tegniese toepassing van die tegniek is werklik asemrowend, in die aksie-tonele maar veral in die naby tonele. Karakterstudie met animasie het ʼn nuwe hoogtepunt bereik.

    Maar dit is nie wat die film goed maak nie. Die kern van die storie, die stryd van ʼn alkoholis teen mislukking, en die nuuskierigheid van die meester joernalis, is raak gevat deur mense wat die oorspronklike boeke deur en deur ken. Vir die kinders (oud en jonk) is daar ook die volle maat van komedie met Snowy die dapper hond wat ook maar bang is, natuurlik op die voorpunt.

    Wanneer die skurke gevang is en die alkoholis homself en sy erfenis weer gevind het, is die meester filmmaker se tande duidelik geslyp vir die volgende film in die reeks. Tintin-liefhebbers, oud en nuut, kan hoop die film was so suksesvol dat hulle dit weer gaan doen. Daar is na alles ʼn skatkis van Tintin-stories wat wag om op film verewig te word.

    Hierdie film is vir Tintin liefhebbers maar ook vir nuwe aanhangers, is indrukwekkend en afgerond, en kry ʼn rare 8 uit 10 by hierdie resensent.

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:23 am