FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Augustus

    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Augustus Empty Augustus

    Post by Melanie van As Thu 29 Dec 2011, 7:54 pm

    Bitter-soet gryp 'n snelweg
    die naam saam die son om sy lyf;
    Net om vir my
    die brak van haat
    in die ritme
    van jou lewe wakker te maak.

    Dié wat ure nog kan loop
    in die wentelbaan van hoop.

    Gee vir my die rigting
    van 'n warm seisoen.
    Vergewe my
    as die wêreld se skouers hang.
    Bring vir my
    die kleur van jou hart.
    Bloei vir my
    die geel van 'n daisy
    as die donker saggies
    oor my siel se trappe loop.
    Laat vir my
    die noord-ooste wind waai,
    vêr van die silwer oseaan.
    Ek wil trippel teen jou maan.
    Gee vir my
    die laaste groet,
    as die somer jou voete was.

    Want môre sing Desember
    dan is dit nog ‘n nuwe jaar.

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 6:42 am