FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Kroniekskrywer

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Kroniekskrywer Empty Kroniekskrywer

    Post by AmmieMoon Sat 31 Dec 2011, 5:31 am


    'n ou son val in die see
    en skemer trek blink strepe op die strand,
    my kop wil tuimel maar ek staan
    (my verslawende gees bewend teen my hart)

    nog 'n jaarring klingel tussen skulp
    en ek kies 'n skerfie perlemoen
    om so met die bloue van jou oë te versoen -
    jou oë wat gedigte baar nog voor lood papier kan kloof,
    dieselfde oë wat blou om my
    om my
    om my

    jy is in vlug, ewig in vlug
    en ek traliehok om dae wat druip van
    vleiloeries en vere, van gladde klippies
    en orgasmes op die hoogste kruine van duine

    die jaar loop leeg
    (my krop is vol)
    ek het meer begrawe as wat ek wou -
    jy is slegs 'n deel daarvan
    die res is rou onthou;

    nou gloei daar 'n son onder water
    en nag sluip hinkepink nader,
    my whiskey glas traan sy eie trane
    wyl ek kronieke skryf oor my en jou.

    © 2011 Almarie Truter


    Last edited by AmmieMoon on Sun 01 Jan 2012, 4:18 pm; edited 1 time in total
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Kroniekskrywer Empty Re: Kroniekskrywer

    Post by BennyB Sat 31 Dec 2011, 1:01 pm

    Weereens een van daai verse van jou wat my laat stil staan...Awesome! What a Face
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Kroniekskrywer Empty Re: Kroniekskrywer

    Post by Rudi Coetzer Sun 01 Jan 2012, 3:23 pm

    A,jou 2de laaste strofe,is een van die beste strofes wat ek in 2011 gelees het....
    DIs freakin awesome.
    Very Happy
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Kroniekskrywer Empty Re: Kroniekskrywer

    Post by SWERWER Tue 03 Jan 2012, 11:50 pm

    Liewe Ammie,

    Die nuwe jaar is so vol belofte dat ek nie kan help om n ruk stil te staan by hierdie vers van jou nie! Die afgelope twee/drie weke het my kop weer rondomtalie met my gespeel. Die een dag blaf ek vir my eie agterwereld en die volgende dink ek weer ek kan water in wyn kan verander. Ek het ontdek dat ek nie my medisyne gedrink het nie en dit het tot alles aanleiding gegee. Vandag is ek weer perdfris en so geinspireer die Benny se werk dat ek nie kan om weer die pad positief aan te pak nie.

    Soos altyd is jou werk verruklik mooi en diep en getuig dit van n verlange en n hunkering na blou soos wat min mense dit kan uitdruk soos jy nie.In een opsig is dit vir my hartseer omdat 2011 seker vir jou moeilik was. Dit is altans die indruk wat hierdie vers by my skep.

    Ek hoop en bid dat die Whiskey glas se trane in 2011 agter bly, die grond waarop dit geval het aan fynbos nuwe lewe sal gee en dat 2012 vir jou net fynbos se blommeprag sal voortbring. 2011 se son het daai aand verdrink en het die pad oopgemaak vir blou lug wat vir jou ook anders moet wees. n Mooi jaar vir jou my Maangodin.

    SWERWER
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Kroniekskrywer Empty Re: Kroniekskrywer

    Post by AmmieMoon Thu 05 Jan 2012, 1:47 pm

    Ben< Rudi< Johan..... Dankie... Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Kroniekskrywer Empty Re: Kroniekskrywer

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 6:33 pm