Lizzie

    Share
    avatar
    anderkant

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 40

    Lizzie

    Post by anderkant on Wed 28 Dec 2011, 8:11 pm

    wat was so vuil dat hulle wou was
    - hande was, daar in die ablusieblokke
    te Bloemfontein en elders?
    of is daar gewas om die kiste leeg te kry
    - 'n skone liefdesdaad?

    van die dood wat te water gelaat
    oor kontinente aangeseil sou kom
    het Lizzie dalk net verneem
    by transportryers wat hoop verseël
    daarlangs, plaas-langs, moes neem

    dat haar Moeder se krete en smeekgebede
    haar Oupa tot laster sou bring;
    in sy laaste uur hom sou laat weier om te glo;
    hiervan sou Lizzie dalk weinig verstaan
    al was twaalf darem oud genoeg?

    sy was oud genoeg om te sneuwel;
    dapper - soos in 'n feëverhaal, nie
    maer en uitgeteer tot op die rand van euwel
    soos Emily haar vir ons onthou sou verewig nie,
    nee, die Britte het haar laat sneuwel.

    vandag seil ons alweer, kleine Lizzie,
    ons seil voor gemaksug en ongeloof
    en herders wat hulle eie skape verhonger;
    ons seil, bang om op te staan en te glo
    dat ons in ons harte waardig sal bly

    die seepkis was eenvoudig
    en onthou net 'n foto groot;
    die Britte se hande so skoon
    soos ons gewetens wyl ons, en hulle
    dit toe(ge)laat (het).
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    Re: Lizzie

    Post by AmmieMoon on Thu 29 Dec 2011, 1:41 pm

    ''...vandag seil ons alweer, kleine Lizzie,
    ons seil voor gemaksug en ongeloof
    en herders wat hulle eie skape verhonger;
    ons seil, bang om op te staan en te glo
    dat ons in ons harte waardig sal bly...''

    - Hoe kragtig en relevant nie hierdie strofe in die hedendaagse '' stryd om oorlewing '' in 'n ''oorlog geteisterde'' land, taal, politiek en samelewing nie ! 'n Substansiële werkstuk uit jou pen met veel meer vlees om die been as wat die blote oog wil sien. Puik ! Like a Star @ heaven


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    anderkant

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 40

    Re: Lizzie

    Post by anderkant on Fri 30 Dec 2011, 1:41 pm

    Dankie Ammie.
    avatar
    SWERWER

    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 61

    Re: Lizzie

    Post by SWERWER on Tue 03 Jan 2012, 10:53 pm

    Beste anderkant,

    Jy verstaan tog so goed dat Lizzie maar net die simbool is vir die mishandeling en uitlewering van kinders deur n selfbehte samelewing. Vandag word kolonialisme verruil vir die kolonialisme van verslawing aan dwelms, betekenisloose tegnologie, modes en sosiaale invloede wat oor die see aangewaai kom, nes die skepe van destyds.

    In plaas daarvan dat hulle soos Lizzie uitroep vir haar ma loop vandag se kinders met hol oe rond met houdings wat hulle op die kassie aangeleer het. Dis tragies want ons as ouers moet die blaam hiervoor dra. Ons het alles op die altaar van liberalisme en kapitalisme geoffer en ons betaal n duur prys daarvoor.

    Anderkant, ek is so bly om jou weer hier raak te loop. Jou fyn oog en hart kan net meewerk om hierdie webwerf n warm en ontvanklike plek te maak vir kunstenaars. Ek hoop werklik dat ons nog baie van jou gaan hoor.

    Beste groete en voorspoedige nuwe jaar!

    SWERWER

    Mag jou omswerwinge hierdie jaar beplan wees! :-)
    avatar
    anderkant

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 40

    Re: Lizzie

    Post by anderkant on Wed 04 Jan 2012, 7:29 pm

    Swerwer,

    Glo my, ek probeer dit versigtig beplan.

    Dankie vir jou inloer en deurdagte kommentaar hierby. Ek waardeer dit soos altyd opreg.

    Groete,

    Rudi

    Sponsored content

    Re: Lizzie

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 17 Aug 2017, 6:37 pm