FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Klimaat Klimaks

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Klimaat Klimaks Empty Klimaat Klimaks

    Post by Rudi Coetzer Tue 27 Dec 2011, 4:31 pm

    My liefste mens
    my ken-van-minnaar

    jy verkies my vlees
    kaal en ontbos
    sodat jy makliker
    orals kan in en uit
    sodat jy lekkerder
    en meer
    kan plant
    sodat jy met genoegdoening
    die skoon uitsig
    van my kaal
    uitgestrekte kontoere
    kan bewonder
    terwyl jy breed smile
    en jou bankstate lees .

    Soos wat jy
    ñ onbeskryflike minnaar is
    wat my meer
    keer op keer
    tot mind blowing
    ongekende hoogtes neem
    ( van vlieg soos ñ voël
    [ ja Wright ]
    tot vuur wat alles
    platvee en verwoes
    [ en selfs oorlog beëindig ]
    tot ñ man op die maan .

    Maar my liefste minnaar
    meegesleur deur jou eie waan
    en jou sense of accomplishment
    vir jou is genoeg
    net nooit genoeg nie
    en na elke orgasmiese achievement
    moet jy
    vinniger verder
    en veel hoër as voorheen
    en notch jy
    jou prestasies op .

    Fotokopie en faks jy
    my reënwoude op
    en draai jy die wêreld
    met selfone en internet
    op sy kop .

    Jaag jy alles kits na
    kitskos kitssukses
    kitsrykdom
    kitsliefde

    raak jy addicted aan dit
    en verafgod jy dit .

    My liefste minnaar
    jy stroop my oseane
    en plunder my minerale
    jy roei my wildslewe uit
    en besoedel my riviere

    en jy
    laat my pole smelt .

    En ek ?

    Ek lê gewillig vir jou
    naak en oop
    sonder dat jy vra
    of sonder dat jy my smeek

    dit alles
    net om jou te bevredig

    net om jou
    gelukkig te hou . .

    Maar dan gebruik jy my
    ( op )
    vir jou onblusbare perverse lus
    na self gratification

    trek jy my goedhartigheid
    en liefde vir jou
    deur jou gat

    en is al wat vir jou tel
    die hier en die nou .

    My liefste Minnaar
    ek vat dit nog

    want lank gelede
    het ek belowe
    { tot die dood ons skei }

    maar jy laat my ly .

    Ek is moeg
    lewensmoeg

    en gatvol .

    Hoor jy my ?


    ( 10/12/2010 10h09 )


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 2:12 am