Witwarm-gedagtes oor ñ Wimpy-waitress

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Witwarm-gedagtes oor ñ Wimpy-waitress

    Post by Rudi Coetzer on Wed 28 Dec 2011, 1:18 pm

    Die ou daar oorkant
    wat saam met sy girl sit
    het witwarm-gedagtes oor die waitress –

    hy undress
    haar en stoot haar
    teen ñ reeling vas
    en terwyl hy tamatiesous
    van haar borste aflek
    bestel hy ñ Mega-koffie , eiers en spek .

    Die rooi en wit Kerskous
    op haar kop hang al skeef ,
    sy het smiley’s
    van mosterdsous
    op elke boud
    en die bondel keys
    aan haar romp
    se lus
    klingel soos ñ sonvanger
    wat perfek ritme hou
    met die beweging van sy heupe .

    Sy gesig
    vertrek in onbeheerbare lus
    se finale mind blowing oomblik
    en die kepe
    op sy voorkop ravyn
    in diep parallel strepe
    soos hy gebruiklik
    op fyndraai frons .

    Iewers in sy brein
    aan en af ñ rooi lig
    te laat , want hy kom
    met ñ snak-harde sug
    toe die Wimpy-waitress voor hom
    sy Mega-koffie , eiers en spek neersit .


    ( 27/12/2011 22h01 )


      Current date/time is Tue 19 Sep 2017, 10:07 pm