woorde draai en dwarrel
in ou onthou,
grys skaduwees demper die amper
opgewondenheid van nou
wanneer die son lek lek
aan ’n horison
vêr buite my droom bereik;
jou stem dra
vier seisoen-beloftes
waar ’n somers wind
klingel-speel
teen spantoue
van kaal gestroopte maste;
dis weer net ek,
voete wat wil-wil wortel skiet,
’n swerwers hart
wat in ’n Melkweg-hemel
kaartsoek na jou!
BennyB
© 25/12/2011 Barend Booysen
in ou onthou,
grys skaduwees demper die amper
opgewondenheid van nou
wanneer die son lek lek
aan ’n horison
vêr buite my droom bereik;
jou stem dra
vier seisoen-beloftes
waar ’n somers wind
klingel-speel
teen spantoue
van kaal gestroopte maste;
dis weer net ek,
voete wat wil-wil wortel skiet,
’n swerwers hart
wat in ’n Melkweg-hemel
kaartsoek na jou!
BennyB
© 25/12/2011 Barend Booysen