Klein kontrakteur

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Klein kontrakteur

    Post by Rudi Coetzer on Tue 27 Dec 2011, 3:30 pm

    Ek het naald en gare
    pratley putty en superglue ,
    ek het ñ hamer en spykers
    en ñ beitel

    ek het skroewe en pop-rivits
    ñ jackhammer en ñ boor ,
    ñ kragsaag , ñ boogsaag en ñ figuursaag ,
    ñ hoop sand , klip , sement ,
    en ñ vrag vol bakstene

    ek het ñ troffel en ñ kruiwa,
    graaf , pik en koevoet
    en ñ waterpas

    ek het planke en steierwerk
    veiligheidsharnas en hardehoed .

    Ek is ñ klein kontrakteur
    en hierdie is ñ groot projek .

    Ek weet nie
    hoe de fok
    ek myself
    weer heel gaan kry nie .

    ( 30/01/2009 07h44 )



      Current date/time is Thu 14 Dec 2017, 4:58 pm