FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Van klein treë en van groot geloof

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Van klein treë en van groot geloof Empty Van klein treë en van groot geloof

    Post by Rudi Coetzer Tue 27 Dec 2011, 3:25 pm

    ñ Nuwe dag se breek
    skuil agter
    die nag-skaduwees
    in jou oë
    en jy begin
    stadig glo
    in jou hart
    se vermoë
    om te genees
    om wonde te heg .

    Om heel
    te wees
    stem jou
    tot opgewondenheid
    stem jou
    tot vrees .

    Want om te waag
    want om te vertrou
    want om te leef
    want om te lief
    want om nie
    te twyfel nie
    want om alles
    bymekaar te hou
    is nie maklik nie

    dit het jy
    lankal reeds geleer
    dit het jy
    lankal reeds besef .

    ñ Nuwe dag se breek
    skuil agter
    die nag-skaduwees
    in jou oë
    en jy begin
    stadig glo
    in jou hart
    se vermoë
    om te genees
    om wonde te heg .


    ( 12/05/2011 10h02 )

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 10:34 pm