Letter vir letter

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Letter vir letter

    Post by Rudi Coetzer on Tue 27 Dec 2011, 2:46 pm

    Jy het
    die vorm en struktuur
    van ñ sonnet
    jy laat liefde
    uit my hart alfabet .

    Daar is vuur
    tussen die lyne
    wat eksentries vlam
    in my sierskrif
    se sirkels .

    Om en om
    al om jou
    slaap-loop my gedagtes
    dwaal my woorde –
    rusteloos vryf ek
    my hande
    wat alewig
    hunker na die voel
    van jou vel .

    Die streling van jou oë
    wat ons
    letter vir letter
    uitspel
    maak my
    binnetoe kyk
    en ek sien
    jy maak my hart
    kaleidoskoop .


    ( 22/12/2011 00h03 )

      Current date/time is Sun 19 Nov 2017, 4:26 am