sag wys ’n vroe môre,
’n belofte van lewe
waar oranje en rooi
se eerste kwashaal
gister se blou
in nuwe hoop vereer;
geseënd is ek
waar ek die vensters van my hart
wyd kan oopmaak
’n leeftyd van seer,
van hoop en verwagting
vlerke te gee,
om ’n nuwe begin
in kleurpalet
te vereer.
vanmôre klop en bruis
’n nuwe dag
hier waar ek hoopvol
op jou wag
BennyB
© 10/12/2011 Barend Booysen
’n belofte van lewe
waar oranje en rooi
se eerste kwashaal
gister se blou
in nuwe hoop vereer;
geseënd is ek
waar ek die vensters van my hart
wyd kan oopmaak
’n leeftyd van seer,
van hoop en verwagting
vlerke te gee,
om ’n nuwe begin
in kleurpalet
te vereer.
vanmôre klop en bruis
’n nuwe dag
hier waar ek hoopvol
op jou wag
BennyB
© 10/12/2011 Barend Booysen