Christo (Ikke)

    Share
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    Christo (Ikke)

    Post by AmmieMoon on Thu 22 Dec 2011, 5:36 am

    Ek sit wydsbeen oor jou koue graf
    en soek desperaat tussen graniet en gruis
    na jou warm polsende hart.

    Ek plak 'n droë traan teen jou naam
    wat dooielyf teen die seewind waai,
    ek raai dat jy lewe sou tap uit 'n dag
    soos vandag.

    Ek wag steeds dat jy in 'n droom
    vir my kom troos dat die anderkant
    beter is as diekant,
    dat leemte en verlang slegs in my
    dimensie bestaan,
    dat jy meer lewe as ooit tevore.

    Tot dan wag ek nog Boet,
    die gat en leeg wat jou wegloop uit lewe
    gelaat het, is veel groter en dieper
    as wat ek ooit kon voorsien.

    © 2010 Almarie Truter
    Attachments
    Christo se graf 5092010 003.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (47 Kb) Downloaded 1 times


    _________________
    Ammie Moon

      Current date/time is Mon 24 Jul 2017, 7:30 am