een van hierdie dae
gaan die uitspansel breek
en, soos my hartseer oor jou,
op pyn-verwronge planete stort
een van hierdie dae
gaan die berge losskeur
en, soos my hart in dié wete,
in die see val en reddeloos verdrink
een van hierdie dae
gaan boeke vol eina woorde
soos swart voorbodes van ons liefde
hartseer waar word in die grouste winter
een van hierdie dae
gaan die leërskare van soldate
ad hoc pyn en verwoesting saai
soos ʼn Openbaring sonder ʼn Wit Ruiter
en so, sonder einde, sonder vertroosting,
sonder jou
kan ek geen more in die oë kyk nie
© Torm 2011